top of page

Moet ek my Peuter se Spraak Korrigeer?

Updated: Mar 10, 2023

'n Paar opmerkings oor korrigering van spraakfoute en alternatiewe vir stimulasie volg.


"Mamma, tyt hie? Boetie tout!"


Peuters kan soms met die kostelikste uitspraak vorendag kom. Dit laat mens wonder of mens hul moet korrigeer? Dis dan so oulik! En gewoonlik heeltemal normaal. Peuters hoef nie perfek te praat nie. Ons verstaan selde meer as sowat 50% van meeste 2-jariges se taal. Daarom kan ons ontspan en bloot as 'n goeie rolmodel vir hulle dien. Taal (grammatika, spraakklanke, woordeskat) ontwikkel mettertyd. Dit duur jare."Some sounds they try to make may be pronounced incorrrectly due to age-appropriate articulation"(Nicole Well, speech therapist, CHOC). Om peuters te veel te korrigeer kan hul sleg laat voel oor hulself en oor kommunikasie. Hul speelsheid en spontane gesprekkies is spesiaal en moet gekoester word.


Wat kan ouers dan doen?


1. Luister aandagtig en reageer.


Ons raak dikwels besig en vergeet om oogkontak te maak en regtig te luister. Deur te luister kan ons vasstel wat ons peuter reeds weet en dan daarop uitbrei.


2. Dien as goeie spraakmodel


Sien ons "Geselsies met Babas en Peuters" blog vir idees. Dis belangrik om te reageer op wat jou baba of peuter sê, self duidelik en grammatikaal korrek te praat en 'n verskeidenheid woordeskat te gebruik. Minder vrae, meer "down to their level playfulness" en kort opmerkings oor die aktiwiteit is 'n goeie plan.


3. Besoek ander peuters


Peuters gesels met en leer by mekaar. Interaksies met oumas, oupas, tannies en ooms, ouer sibbe, nefies en niggies is ook wonderlike geleenthede vir interaksie en kommunikasie-ontwikkeling.


4. Lees stories


Lees gerus gereeld stories aan jou peuter voor en moedig hom/haar aan om betrokke te raak by die storie. "Really getting your little one into the story"(Jen Burnstein, MA, Slp) deur bv. die peuter aan te moedig om prente uit te wys en bladsye om te blaai is waardevol. Gunsteling stories bevat dikwels rym en heelwat herhaling. Die peuter kan dan antisipeer wat volgende gaan gebeur en so aangemoedig word om die sinnetjie te voltooi. Peuters geniet dit om hul gunsteling-stories oor en oor te hoor! Liedjies is fantastiese taal-ontlokkers, verskerp o.a. luistervaardighede en ontwikkel ook spraak en woordestat.


5. Beperk skermtyd


Daar is 'n plek vir tegnologie, maar tyd moet beperk word en nie interaksie en buitespel vervang nie. Die "American Academy of Pediatrics" beveel aan dat babas jonger as 18 maande geen skermtyd moet hê, behalwe "video chatting" met bv. oumas en oupas, nie. Tussen 18 en 24 maande kan 'n peuter vir kort tydjies blootgestel word. Peuters tussen 2 en 5 jaar kan sowat 'n uur van hoë kwaliteit skermtyd per dag geniet.


6. Maak 'n afspraak indien jy bekommerd is


'n Gehoortoets, 'n gesprek met u kind se kleuterskool onderwyseres en pediater of 'n evaluasie deur 'n spraak-taalterapeut sal sorg vir gemoedsrus indien u bekommerd is oor u kind se kommunikasie ontwikkeling. Vroeë ingryping indien u peuter wel hulp benodig, (benut verseker die venterperiode vir optimale breingroei) is altyd 'n goeie plan!


U kan gerus die gratis e-boek, "Teach me to Talk. A Parent's Guide to Understanding Speech Language Development" aflaai (teachmetotalk.com) vir meer inligting.


Bronne:

"Screen Time Guidelines for Babies and Toddlers" (kidshealth.org).

"Should I be correcting my toddler's language?" deur Katie McPherson (choc.org).

"My Toddler Talks" (Kimberly O. Scanlon).

21 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page