top of page
Geselskaarte Pak 1: Verbale Begrip en Ekspressie
  • Geselskaarte Pak 1: Verbale Begrip en Ekspressie

    R149,00Price

    Geselskaarte Pak 1 is 'n reeks kaarte vir kommunikasie. Die ontwikkeling vanverbale begrip,ekspressie,woordvinding en algemene kenniswoord geteiken. Die verbetering van die geheue-funksie word ook geoormerk, die beskikbare kennis/kliĆ«nte is dikwels reeds oor sommige van hierdie wat beskikbaar is vir bv. hul neurologiese insident en "recall" dus doelbewus gestimuleer word. Hierdie kaarte kan gebruik word tydens terapie met ouer leerders en volwassenes. Temas behels bv. persoonlike vrae, vrae oor huis en tuin, kos, diere, plekke, Suid-Afrika spesifieke asook hoeveelhede en assosiasies. Dis ideaal vir sessies met volwassenes wat kommunikasie geleenthede benodig bv. mense met ligter aantasting van demensie, afasie, geslote hoofbesering, asook diegene wat tegnieke vir vlotheid, duideliker uitspraak of stem wil inoefen. 'n Ander populasie wat daarby kan baatvind is persone met ekspressiewe taalprobleme. Die terapeut selekteer self die kaart wat sy/hy wil in die sessie gebruik deur die kognitiewe vlak, taalvlak, ouderdom en ander veranderlikes in ag te neem. Hierdie kaartjies kan ook huis toe gestuur word om familie en vriende te betrek deur die intervensie. Sommige van die kaarte het 'n Suid-Afrikaanse geurtjie. Die WALC boeke (Werkboek Aktiwiteite vir Taal en Kognisie, Lingui-stelsels) word onder meer gebruik om hierdie program op te stel. Ons hoop sal hierdie kaart bruikbaar vind. Dis die eerste pak van 'n reeks. Ongeveer 75 flitskaarte en 'n gedeelte agterin met moontlike antwoorde ('n tipe memorandum). Daar is gevolglik 97 bladsye om af te laai en/of uit te druk/"print". Terugvoer is welkom.

      bottom of page